Dis nou so diep in die vakansie tyd in, dis net nie waar nie. Ek is nou oppad see toe en hoop dat jy regtig 'n wonderlike vakansie sal hê. Wees veilig en geniet die rustige tyd. Ek wens jou ook 'n baie geseënde Kersfees toe en ek kan nie wag om jou weer in 2011 te sien nie. Rus goed uit en kom terug met nuwe moed in jou skoene.
Lekker vakansie Waggie***
Tuesday, December 14, 2010
Friday, December 10, 2010
Wat maak jy daarvan?
Ek het vandag gedink, daar is so baie dinge wat rondom ons gebeur - dinge wat ons lewens nie noodwendig direk beïnvloed nie, maar ons hoor tog daarvan en ons lees daarvan.
Die vraag wat ons dan moet vra is, wat maak ons met die dinge waarvan ons hoor en lees? Al kan ons nie noodwendig iets daaraan doen nie, kan ons nogsteeds daaraan dink. Dit kan ons manier van dink en doen op 'n positiewe of negatiewe manier beïnvloed.
Ek het gedink dat dit belangrik is om kennis te neem van die dinge wat rondom ons gebeur, maar ons moenie toelaat dat dit ons lewens verander nie. Die mag nie keer dat ons sekere dinge in die lewe wil doen nie. Jy onthou seker op Cinderella Story dat die meisie se pa gesê het: "Don't let the fear of striking out keep you from playing the game." Ek wil hiermee saamstem en hoop dat jy dit ook deel van jou lewens motto sal maak.
As ons gaan toelaat dat sekere dinge in die lewe ons gaan terughou, gaan ons spyt wees dat ons nie voluit gegaan het vir die dinge waaroor ons droom nie... Wees groter as die lewe ne moenie dat enigiets jou terughou nie.
**Waggie** groete. Wees veilig die vakansie

Wednesday, December 8, 2010
Friday, December 3, 2010
Wat dink jy hiervan????
Cele: alkohol moet verban word
Die Nasionale Polisiekommissaris, Bheki Cele, het ‘n beroep gedoen vir die verbanning van alkohol in Suid-Afrika. Cele sê ‘n soortgelyke houding moet teenoor sigarette ingeneem word. Hy sê misdaad sal met 50 persent afneem as mense alkohol uitlos.
Wednesday, December 1, 2010
WêRELD VIGS DAG
Wêreld VIGS-dag is begin op 1 Desember 1988 en het ten doel om geld in te samel, bewusmaking te verbeter, om bevooroordeeldheid te beveg en opleiding te verbeter. Die Wêreld VIGS-dag tema vir 2010 is 'Universal Access and Human rights'.
Hierdie is 'n dag wat mense herinner dat VIGS steeds 'n werklikheid is en dat daar nog baie daaraan gedoen moet word. Volgens UNAIDS, is daar tans 33.3 miljoen mense wat tans met HIV saamleef, wat 2.5 miljoen kinders insluit. Gedurende 2009 is ongeveer 2.6 miljoen mense met die virus geïnfekteer en ongeveer 1.8 miljoen mense het as gevolg hiervan gesterf.
Die meeste mense met HIV en VIGS woon in laerinkomste lande. HIV is vandag 'n bedreiging vir baie mans, vrouens en kinders regoor die wêreld.
Wees vandag bewus van hierdie tendens en lewer 'n bydrae waar jy kan...
Lekker dag Waggie
-om meer te lees, gaan na http://www.avert.org/world-aids-day.htm

Tuesday, November 30, 2010
Oefening vir die dag...
Stronger, longer, leaner thighs
Squat with Ball
When it comes to thinner thighs, there's no exercise better than a squat. I love this one because of its pseudonym, the Backrub That Fights Thigh Flab.
Do it:
· Place an exercise ball between the wall and the curve of your lower back.
· Stand with your feet shoulder-width apart.
· Bend your knees and lower 5 to 10 inches, keeping your shoulders level and your hips square. Hold this position for 3 seconds and then stand back up.
· Start with 5 reps and work up to 12. Rest for 30 seconds and do another set
Sunday, November 28, 2010
Hmm reën...
Het jy al ooit gedink hoe vervelig die lewe sou gewees het as dit nie af en toe gereën het nie? Dan sal daar nooit die bevredigende effek van daardie onbeskryflike lekker reuk wees nie. Jy ken die reuk... dit vul gewoonlik jou neusgate voor die reën en ook na die tyd.
En wat van die mooi reënboog daarna? Al weet ek dis net 'n lawwe storie, dink ek nogsteeds, elke keer as ek 'n reënboog sien, hoe dit sou wees om onderdeur te kon hardloop en... (jy ken die storie), of om die eerste een te wees om by die een punt uit te kom en die pot goud te kry. Dis die moeite werd om so nou en dan in jou eie fantasie wêreld te lewe, om net vir 'n oomblik (al weet niemand dit nie) weg te kom van die gewone dinge van die lewe. Ek dink baie keer dat dit ons fantasie wêrelde is wat ons gedagtes aan die gang sit om groter te droom... Wel, dis nou wat die reënboog alles aan my doen.
Al is dit net in my gedagtes, wil ek my verbeel dat alles weer vars en vrolik is na die reën en dan wil ek sommer daarby aansluit. Dit gee my weer nuwe hoop en laat my besef dat die lewe met elke sekond besig is om aan te gaan en dat ons altyd bedag moet wees om nie in tyd vasgevang te word nie, want dan gaan dinge by ons verby. Dis tyd wat jy in jou lewe nie weer sal kan terugkry nie. SO, MOENIE VASGEVANG WORD NIE (hehe!!).
Dit het vandag lekker gereën en die pannekoek daarby was ook uit die boonste rakke. Ek hoop jy geniet die reëndae ook so baie. Vir my is dit van baie waarde.
Lekker dag Waggie...

Wednesday, November 24, 2010
SCAM!!!!!!!!!!!
WARNING PLEASE READ!!!
If someone comes to your front door and asks you to remove all your clothes and dance with your arms in the air, DO NOT do this, it is a scam! They just want to see you naked. Please pass this message on... I wish I had received this yesterday, I feel stupid now!!!

Tuesday, November 23, 2010
Dink hieroor
Het jy vandag iets gedoen terwyl jy gedink het: hoekom is ek besig om my tyd te mors? As jy nou daaraan dink, het jy regtig jou tyd gemors of is daar iets waardevol wat jy kon leer daaruit?
So devine
Wow, hierdie is 'n eerste! Hierdie is jou trotse koshuis, Wag-'n-Bietjie, se eie blog. Kom besoek dit elke dag vir nuwe, interessante inligting, foto's, nuus, comments, ens.
Ek dink gereëld daaraan hoe belangrik dit is om die dinge waaroor jy droom te doen en nie net daaroor te droom nie. Hierdie kan nou maar clichè klink, maar dis die waarheid. As daar dinge is wat keer dat jy by jou drome kan uitkom, moet jy dit uit jou lewe sny, so gou as moontlik. Die keuses wat jy vandag maak, het 'n invloed op die keuses wat jy eendag wil maak.

Subscribe to:
Posts (Atom)