Monday, February 21, 2011

Belangrik om te weet

Hey daar!! Hier is 'n paar belangrike datums en gebeure om van kennis te neem...

-SJGD vergadering is 22 Februarie 10:00

-Blikkieskosdag is 10 Maart. Blikkies kan nog tot en met Donderdag by Nola ingegee word. Die persoon wat die meeste blikkies insamel sal 2 informal kaartjies wen (trots geborg deur jou awesome prim Izelle Mostert.

-Ondersteun groot asseblief die eerstejaars met hulle CANSA-koeverte. Die geld gaan vir 'n goeie doel.

-Gaan neem deel aan die CANSA relay for life 5-6 Maart. Registreer jou groep van 15 by jou gang HK-lid.

-Die week se ganggodsdiens geskied Donderdagaand 21:00

-29 Maart het ons 'n Studente Belange aksie saam met Excelcior

-Dinsdag 1 Maart is daar 'n interne getuienis aksie, so as jy voel die Here druk iets op jou hart wat jy wil deel, bid daaroor en deel dit.

-MA EN DOGTER NAWEEK YIPPPEEEEE!!!!! 11-13 Maart. Kaartjies is R350 vir jou en jou ma saam.

-Ser oudisies begin Donderdag 24 Februarie. Vir enige inligting hierrondom kontak vir Ansie Kriel.

-Dinsdag 22 Februarie is daar 'n AKSA-aksie in die braaituin. Dit begin 19:00. Die tema is Reenboognasie.

---BAIE GELUK AAN DIE EERSTE NETBALSPAN WAT OP 21 FEBRUARIE AL HULLE WEDSTRYDE GEWEN HET. Dit maak my sommer net weereens soooo trots om 'n Waggie te wees; dit gee my hoendervleis

---Dinsdag 22 Februarie 21:30 is daar 'n sport vergadering

---Donderdag 24 Februarie 18:00 is daar 'n finansies vergadering

---Dink solank aan enige borge wat kan uithelp vir BigPrims

---Onthou Woensdag 21:00 - 21:30 is raastyd

Hoop jy het die lekkerste week Waggie. Wees sterk en bid gedurig.

**Waggie**

Saturday, February 19, 2011

Verander jou leefstyl in 20 minute..... : )

Beste waggie**
Het jy al gevoel dat jou daaglikse roetine nie meer bevredigend is die en dat daar iets in jou lewe kort, maar jy kan nie regtig jou vinger daarop sit nie? Ek weet jy het al so gevoel, want ek het vir seker al...
Daar is stappe wat jy kan volg wat jou 20 minute gaan neem, om jou lewenstyl te verander. Oor die algemeen het hierdie stappe, vir die meeste mense wat die toets gedoen het, lewensverandering tot gevolg gehad. Dit kan vir jou ook so wees.
1.   Maak alles rondom jou skoon. Verwyder enigiets wat jou aandag kan aflei. Skakel jou selfoon af, sit jou rekenaar af en gaan na ‘n plek waar jy in stilte alleen kan wees en sluit jou deur.
2.   Maak jouself gemaklik voor jou lessenaar met ‘n skoon stuk papier en ‘n pen.
3.   Stel jou alarm vir 20 minute.
4.   Skryf nou 100 dinge neer wat jy graag wil hê, dinge wat jy wil bereik, plekke waarheen jy wil gaan, mense wat jy wil ontmoet en enigiets anders waaraan jy kan dink. Daar is geen perke nie.
5.   Moenie realisties wees nie. Droom groot. Skryf die malste dinge waaraan jy kan dink neer – ook die dinge wat jy dink nie eers noemenswaardig is nie. Skryf ALLES neer.
6.   Werk vinnig. 20 minute gaan vinnig verby. Moenie daaraan dink om nie ‘n idee neer te skryf nie – SKRYF NET! Skryf alles neer wat in jou kop inkom, al maak dit nie vir jou sin nie en hou aan met skryf tot die alarm afgaan.
Na so 10-15 minute gee jy nie meer om oor spesifieke idees nie; daar kom ‘n kreatiwiteit in jou los, wat vir ‘n lang tyd weggebêre was. In jou poging om 100 dinge neer te skryf, is jy nie eers meer seker of wat jy neerskryf is wat jy wil hê nie, maar dis steed jou idees.
Stop sodra die wekker afgaan. Los jou lysie vir ‘n dag; moenie daarna kyk nie, moenie daaraan dink nie en moenie probeer om te onthou wat jy daarop geskryf het nie. Kyk die volgende dag daarna en bepaal hoeveel items bereikbaar is. Het enigiets uitgestaan wat jou laat besef het dat dit iets is wat jy nog altyd wou gehad het, maar dit nie besef het totdat jy dit neergeskryf het nie?
Die punt van hierdie toets is nie om vir jou ‘n huge to-do list te maak nie, maar om jou gedagtes oop te maak vir die idee dat enigiets moontlik is en om aan jou idees te gee wat jou uit ‘n “onuitkombare” situasie te haal.
Gebruik dit waggie. Miskien leer jy iets van jouself.
Sterkte **Waggie**


Sunday, February 6, 2011

Sterkte...!!!

So ja, O&B is nou verby, JOOL is verby en wat oorbly daarvan is 'n klomp doodmoeg eerstejaars wat smag na 'n bord van mamma se kos. Julle mag maar. Klas begin maandag, uiteindelik. Dit voel of ek al vir ewig wag vir dit om te begin. Ek hoop julle elkeen se roosters is al mooi uitgesorteer (myne is nie, hihi!!)

Ek dink daar lê GROOT uitdagings voor elkeen van ons; dis êrens weggesteek in die dae wat op ons wag en al probeer jy hoe hard om dit te vermy, hulle gaan op jou pad kom. Dis onafwendbaar. Ek bid vir jou Waggie. Ek bid dat jy die jaar positief sal wees en dat jy nie bang sal wees vir die uitdagings of geleenthede wat hulle gaan voordoen nie. Ek bid dat jy voluit sal gaan en dat jy nuwe dinge sal aanpak. Hierdie jaar is JOU jaar. Moenie dat enige iemand jou onder kry of vir jou vertel dat jy nie goed genoeg is nie. Onthou, jy is 'n koningskind!!!!!!!




Dankie vir jou ondersteuning, getroue leser.

Sterkte vir die jaar en moenie terughou nie.

**Waggie**