Monday, January 17, 2011

Rektorsgroet**

Die eerstejaars is besig om die rektorsgroet vir Prof Herman van Schalkwyk te oefen. MK gaan die groet opneem en dit uitsaai... AWESOME!!

Hulle lyk te oulik met hulle duimhoedjies en rugsakkies. GO DORE!!

Kampus wemel met eerstejaars van al die koshuise. Dit voel elke keer awkward as 'n hele groep eerstejaars mens moet groet.

Sunday, January 16, 2011

O & B

Hey hey....
Hierdie ene is spesiaal vir die eerstejaars.

O & B is nou op julle en ek hoop dat julle baie opgewonde is en dit met 'n goeie gees sal aanpak (soos NET 'n trotse Waggie kan...)  Cliché of nie, hierdie is werklik die lekkerste tyd van jou lewe wat jy nooit weer wil oorhê nie. As jy oor so rukkie terugkyk na hierdie tyd gaan daar sekere gevoelens en memories by jou opkom, so maak seker dat dit lekker gevoelens is en memories wat jou gaan laat lag. Moenie vir een oomblik terughou nie; JY GAAN SPYT WEES. Moenie alleen voel nie, die hele PUK is al hierdeur en netnou-netnou lag julle vir die nuwe eerstejaartjies wat dit moet deurmaak.

Ek dink aan julle en hoop dat hierdie 'n fees gaan wees. (NB! Onthou in watter koshuis jy is, onthou wie JY is en onthou wat ons leuse is: Dis 'n kwessie van styl... Doen wat jy doen met die bogenoemde ingedagte)

Lief vir julle **Waggie**

Thursday, January 6, 2011

2011

Hey julle AWESOME Waggies....

Raai wat? Die nuwe jaar is op ons!! Moenie worry nie, dit gaan 'n fees wees.
Ek hoop julle is so opgewonde soos ek oor al die nuwe uitdagings wat die jaar vir ons inhou (veral vir die eerstejaartjies, ek dink aan julle.)

Hou hierdie spasie gereeld dop vir nuwe inligting en interessante dinge wat jy die jaar mag nodig vind.

Luv u **Waggie**