Tuesday, December 14, 2010

Hi jou oulike Waggie

Dis nou so diep in die vakansie tyd in, dis net nie waar nie. Ek is nou oppad see toe en hoop dat jy regtig 'n wonderlike vakansie sal hê. Wees veilig en geniet die rustige tyd. Ek wens jou ook 'n baie geseënde Kersfees toe en ek kan nie wag om jou weer in 2011 te sien nie. Rus goed uit en kom terug met nuwe moed in jou skoene.

Lekker vakansie Waggie***

Friday, December 10, 2010

Wat maak jy daarvan?

Ek het vandag gedink, daar is so baie dinge wat rondom ons gebeur - dinge wat ons lewens nie noodwendig direk beïnvloed nie, maar ons hoor tog daarvan en ons lees daarvan.

Die vraag wat ons dan moet vra is, wat maak ons met die dinge waarvan ons hoor en lees? Al kan ons nie noodwendig iets daaraan doen nie, kan ons nogsteeds daaraan dink. Dit kan ons manier van dink en doen op 'n positiewe of negatiewe manier beïnvloed.

Ek het gedink dat dit belangrik is om kennis te neem van die dinge wat rondom ons gebeur, maar ons moenie toelaat dat dit ons lewens verander nie. Die mag nie keer dat ons sekere dinge in die lewe wil doen nie. Jy onthou seker op Cinderella Story dat die meisie se pa gesê het: "Don't let the fear of striking out keep you from playing the game." Ek wil hiermee saamstem en hoop dat jy dit ook deel van jou lewens motto sal maak.

As ons gaan toelaat dat sekere dinge in die lewe ons gaan terughou, gaan ons spyt wees dat ons nie voluit gegaan het vir die dinge waaroor ons droom nie...  Wees groter as die lewe ne moenie dat enigiets jou terughou nie.

**Waggie** groete. Wees veilig die vakansie

Wednesday, December 8, 2010

Vriende...

            Wees daar vir jou vriende, jy weet nooit wanneer jy eendag hulle hulp nodig sal hê nie...

Friday, December 3, 2010

Wat dink jy hiervan????

Cele: alkohol moet verban word

Die Nasionale Polisiekommissaris, Bheki Cele, het ‘n beroep gedoen vir die verbanning van alkohol in Suid-Afrika.  Cele sê ‘n soortgelyke houding moet teenoor sigarette ingeneem word.  Hy sê misdaad sal met 50 persent afneem as mense alkohol uitlos.


Wednesday, December 1, 2010

WêRELD VIGS DAG

Wêreld VIGS-dag is begin op 1 Desember 1988 en het ten doel om geld in te samel, bewusmaking te verbeter, om bevooroordeeldheid te beveg en opleiding te verbeter.  Die Wêreld VIGS-dag tema vir 2010 is 'Universal Access and Human rights'.

Hierdie is 'n dag wat mense herinner dat VIGS steeds 'n werklikheid is en dat daar nog baie daaraan gedoen moet word.  Volgens UNAIDS, is daar tans 33.3 miljoen mense wat tans met HIV saamleef, wat 2.5 miljoen kinders insluit. Gedurende 2009 is ongeveer 2.6 miljoen mense met die virus geïnfekteer en ongeveer 1.8 miljoen mense het as gevolg hiervan gesterf.

Die meeste mense met HIV en VIGS woon in laerinkomste lande. HIV is vandag 'n bedreiging vir baie mans, vrouens en kinders regoor die wêreld.

Wees vandag bewus van hierdie tendens en lewer 'n bydrae waar jy kan...

Lekker dag Waggie

-om meer te lees, gaan na http://www.avert.org/world-aids-day.htm