Wednesday, December 1, 2010

WêRELD VIGS DAG

Wêreld VIGS-dag is begin op 1 Desember 1988 en het ten doel om geld in te samel, bewusmaking te verbeter, om bevooroordeeldheid te beveg en opleiding te verbeter.  Die Wêreld VIGS-dag tema vir 2010 is 'Universal Access and Human rights'.

Hierdie is 'n dag wat mense herinner dat VIGS steeds 'n werklikheid is en dat daar nog baie daaraan gedoen moet word.  Volgens UNAIDS, is daar tans 33.3 miljoen mense wat tans met HIV saamleef, wat 2.5 miljoen kinders insluit. Gedurende 2009 is ongeveer 2.6 miljoen mense met die virus geïnfekteer en ongeveer 1.8 miljoen mense het as gevolg hiervan gesterf.

Die meeste mense met HIV en VIGS woon in laerinkomste lande. HIV is vandag 'n bedreiging vir baie mans, vrouens en kinders regoor die wêreld.

Wees vandag bewus van hierdie tendens en lewer 'n bydrae waar jy kan...

Lekker dag Waggie

-om meer te lees, gaan na http://www.avert.org/world-aids-day.htm

5 comments:

  1. waarvoor is die rooi lint?Dit is vir n taak...

    ReplyDelete
    Replies
    1. moenie hi se op internet (note to self)

      Delete
    2. Die persoon wt gevra het wat is die doel van die lind is jy in Pionier gr8

      Delete
  2. asb se hierdie good met punts gewys ons doen dit vir n taak vir die skool en dan moet ons nog lank sit en ons het nog baie werk veral ons wat in hoorskool is.

    ReplyDelete