Tuesday, November 30, 2010

Oefening vir die dag...



Stronger, longer, leaner thighs
Squat with Ball
When it comes to thinner thighs, there's no exercise better than a squat. I love this one because of its pseudonym, the Backrub That Fights Thigh Flab.
Do it:
·         Place an exercise ball between the wall and the curve of your lower back.
·         Stand with your feet shoulder-width apart.
·         Bend your knees and lower 5 to 10 inches, keeping your shoulders level and your hips square. Hold this position for 3 seconds and then stand back up.
·         Start with 5 reps and work up to 12. Rest for 30 seconds and do another set

Sunday, November 28, 2010

Klink dit bekend???

Hmm reën...

Het jy al ooit gedink hoe vervelig die lewe sou gewees het as dit nie af en toe gereën het nie? Dan sal daar nooit die bevredigende effek van daardie onbeskryflike lekker reuk wees nie. Jy ken die reuk... dit vul gewoonlik jou neusgate voor die reën en ook na die tyd.

En wat van die mooi reënboog daarna? Al weet ek dis net 'n lawwe storie, dink ek nogsteeds, elke keer as ek 'n reënboog sien, hoe dit sou wees om onderdeur te kon hardloop en... (jy ken die storie), of om die eerste een te wees om by die een punt uit te kom en die pot goud te kry. Dis die moeite werd om so nou en dan in jou eie fantasie wêreld te lewe, om net vir 'n oomblik (al weet niemand dit nie) weg te kom van die gewone dinge van die lewe. Ek dink baie keer dat dit ons fantasie wêrelde is wat ons gedagtes aan die gang sit om groter te droom... Wel, dis nou wat die reënboog alles aan my doen.

Al is dit net in my gedagtes, wil ek my verbeel dat alles weer vars en vrolik is na die reën en dan wil ek sommer daarby aansluit. Dit gee my weer nuwe hoop en laat my besef dat die lewe met elke sekond besig is om aan te gaan en dat ons altyd bedag moet wees om nie in tyd vasgevang te word nie, want dan gaan dinge by ons verby. Dis tyd wat jy in jou lewe nie weer sal kan terugkry nie. SO, MOENIE VASGEVANG WORD NIE (hehe!!).

Dit het vandag lekker gereën en die pannekoek daarby was ook uit die boonste rakke. Ek hoop jy geniet die reëndae ook so baie. Vir my is dit van baie waarde.

Lekker dag Waggie...

Wednesday, November 24, 2010

SCAM!!!!!!!!!!!

WARNING PLEASE READ!!!
If someone comes to your front door and asks you to remove all your clothes and dance with your arms in the air, DO NOT do this, it is a scam! They just want to see you naked. Please pass this message on... I wish I had received this yesterday, I feel stupid now!!!

Partykeer verstaan ons dinge 'n bietjie verkeerd...


Hoop jy het 'n fantastiese lui-lekker dag


Tuesday, November 23, 2010

Dink hieroor

Het jy vandag iets gedoen terwyl jy gedink het: hoekom is ek besig om my tyd te mors? As jy nou daaraan dink, het jy regtig jou tyd gemors of is daar iets waardevol wat jy kon leer daaruit?

So devine

Wow, hierdie is 'n eerste! Hierdie is jou trotse koshuis, Wag-'n-Bietjie, se eie blog.  Kom besoek dit elke dag vir nuwe, interessante inligting, foto's, nuus, comments, ens.

Ek dink gereëld daaraan hoe belangrik dit is om die dinge waaroor jy droom te doen en nie net daaroor te droom nie. Hierdie kan nou maar clichè klink, maar dis die waarheid. As daar dinge is wat keer dat jy by jou drome kan uitkom, moet jy dit uit jou lewe sny, so gou as moontlik. Die keuses wat jy vandag maak, het 'n invloed op die keuses wat jy eendag wil maak.