Beste waggie**
Het jy al gevoel dat jou daaglikse roetine nie meer bevredigend is die en dat daar iets in jou lewe kort, maar jy kan nie regtig jou vinger daarop sit nie? Ek weet jy het al so gevoel, want ek het vir seker al...
Daar is stappe wat jy kan volg wat jou 20 minute gaan neem, om jou lewenstyl te verander. Oor die algemeen het hierdie stappe, vir die meeste mense wat die toets gedoen het, lewensverandering tot gevolg gehad. Dit kan vir jou ook so wees.
1. Maak alles rondom jou skoon. Verwyder enigiets wat jou aandag kan aflei. Skakel jou selfoon af, sit jou rekenaar af en gaan na ‘n plek waar jy in stilte alleen kan wees en sluit jou deur.
2. Maak jouself gemaklik voor jou lessenaar met ‘n skoon stuk papier en ‘n pen.
3. Stel jou alarm vir 20 minute.
4. Skryf nou 100 dinge neer wat jy graag wil hê, dinge wat jy wil bereik, plekke waarheen jy wil gaan, mense wat jy wil ontmoet en enigiets anders waaraan jy kan dink. Daar is geen perke nie.
5. Moenie realisties wees nie. Droom groot. Skryf die malste dinge waaraan jy kan dink neer – ook die dinge wat jy dink nie eers noemenswaardig is nie. Skryf ALLES neer.
6. Werk vinnig. 20 minute gaan vinnig verby. Moenie daaraan dink om nie ‘n idee neer te skryf nie – SKRYF NET! Skryf alles neer wat in jou kop inkom, al maak dit nie vir jou sin nie en hou aan met skryf tot die alarm afgaan.
Na so 10-15 minute gee jy nie meer om oor spesifieke idees nie; daar kom ‘n kreatiwiteit in jou los, wat vir ‘n lang tyd weggebêre was. In jou poging om 100 dinge neer te skryf, is jy nie eers meer seker of wat jy neerskryf is wat jy wil hê nie, maar dis steed jou idees.
Stop sodra die wekker afgaan. Los jou lysie vir ‘n dag; moenie daarna kyk nie, moenie daaraan dink nie en moenie probeer om te onthou wat jy daarop geskryf het nie. Kyk die volgende dag daarna en bepaal hoeveel items bereikbaar is. Het enigiets uitgestaan wat jou laat besef het dat dit iets is wat jy nog altyd wou gehad het, maar dit nie besef het totdat jy dit neergeskryf het nie?
Die punt van hierdie toets is nie om vir jou ‘n huge to-do list te maak nie, maar om jou gedagtes oop te maak vir die idee dat enigiets moontlik is en om aan jou idees te gee wat jou uit ‘n “onuitkombare” situasie te haal.
Gebruik dit waggie. Miskien leer jy iets van jouself.
Sterkte **Waggie**
No comments:
Post a Comment